Reuse belonings in stryd teen renosterstropery

Foto: www.rhinoconservation.org

SANParke het belonings van R100 000 en R1 miljoen uitgeloof in die stryd teen renosterstropery.

Dr David Mabunda, uitvoerende hoof van SANParke het gister die aankondiging gemaak as deel van SANParke se stryd teen renosterstropery in die Krugerwildtuin. Madunda het ook aangekondig dat genl.-maj. Johan Jooste (60), ‘n afgetrede leëroffisier, deur Sanparke aangestel is om met die stryd teen renosterstropery te help. Mabunda het ʼn beloning van R100 000 uitgeloof aan lede van die publiek wat inligting kan verskaf vir die arrestasie van ʼn vermeende stroper. Hy het ʼn beloning van R1 miljoen uitgeloof vir die suksesvolle skuldigbevinding van die meesterbrein van ʼn stroperysindikaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.