‘n Chinese filmmaker, Zhang Yimou is ‘n boete van sowat $1,2 miljoen (7,8 miljoen yuan) opgelê omdat hy te veel kinders het.
Volgens aanvanklike gerugte het Zhang sewe kinders by vier vroue. Hy het later erken dat hy en sy vrou twee seuns en ‘n dogter het, en dit is hiervoor dat hy beboet is.
Ingevolge Chinese wetgewing word die persoon se inkomste in ag geneem om die grootte van die boete te bepaal.
China het aan die einde van 2013 sy eenkind-beleid aangepas. Paartjies, waarvan minstens een ouer self ‘n enkelkind moes wees, mag nou twee kinders hê.
Zhang was die regisseur van onder meer Raise the red lantern, Het Rode korenveld, Hero en House of Flying Daggers.