Reuse boete vir te veel kinders

Zhang Yimou. Foto: AP

Zhang Yimou. Foto: AP

‘n Chinese filmmaker, Zhang Yimou is ‘n boete van sowat $1,2 miljoen (7,8 miljoen yuan) opgelê omdat hy te veel kinders het.

Volgens aanvanklike gerugte het Zhang sewe kinders by vier vroue. Hy het later erken dat hy en sy vrou twee seuns en ‘n dogter het, en dit is hiervoor dat hy beboet is.

Ingevolge Chinese wetgewing word die persoon se inkomste in ag geneem om die grootte van die boete te bepaal.

China het aan die einde van 2013 sy eenkind-beleid aangepas. Paartjies, waarvan minstens een ouer self ‘n enkelkind moes wees, mag nou twee kinders hê.

Zhang was die regisseur van onder meer Raise the red lantern, Het Rode korenveld, Hero en House of Flying Daggers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.