Reuse kakkerlak uit Aussie se oor gehaal

'n Australiese kokkerot (Periplaneta australasiae) Foto: ozanimals.com

‘n Australiese kokkerot (Periplaneta australasiae) Foto: ozanimals.com

‘n Man van Darwin in die noorde van Australië, Hendrik Helmer, het een oggend vroeër die week met ‘n vreeslike oorpyn wakker geword, en dadelik gemeen ‘n gogga het, terwyl hy geslaap het, in sy oor in gekruip.

Helmer het maar duim vasgehou dis nie ‘n giftige spinnekop nie, en eers self probeer om die gedierte uit te kry. Sy “boererate” om die indringer met ‘n stofsuier uit te suig, of met water uit te jaag het geboemerang, want die gedierte het net dieper ingekruip en die pyn het ondraagliker geword. Oplaas is Helmer hospitaal toe.

‘n Dokter het olyfolie in die oor gegooi, wat ook die kakkerlak dieper laat inkruip het, maar die gedierte laat vrek het. Die kakkerlak kon toe met instrumente uit die oor verwyder word. “Ek het nog nooit so ‘n groot insek uit iemand se oor moes haal nie,” het die dokter gesê.

Die berigte meld nie hoe graat die kakkerlak was nie, maar ander bronne dui aan dat Australiese tropiese kakkerlakke tot 3,5 cm lank kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.