Reuse muskiete dreig Florida

‘n Foto van hoe die reuse muskiet met ‘n normale een vergelyk. Foto: Universiteit van Florida.

Inwoners van Florida in Amerika is gewaarsku dat reuse muskiete hulle in die komende somer kan teister. Die reuse muskiet is omtrent 20 keer groter as ʼn normale muskiet en ʼn byt voel soos ʼn steekwond, het RT.com Maandag berig.

Die muskiete val selfs visse, wilde diere en troeteldiere aan. Volgens ʼn kenner aan die Universiteit van Florida, kom die muskiete veral voor ná gereelde reënstorms of vloede. Die gebied het verlede jaar ʼn groot inval van dié muskiete gehad. Die onlangse tropiese storm Debby het ʼn ideale broeiplek vir dié bloedsuiers geskep om vanjaar ʼn groter plaag te kan wees.

Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.