Reuse-mynmasjien vir R173 miljoen verkoop

Argieffoto van 'n sleepskrop Foto: usmra.com

Argieffoto van ‘n sleepskrop Foto: usmra.com

‘n Mynmasjien, genaamd ‘n sleepskrop, is vir R173 miljoen verkoop, het ‘n afslaer Dinsdag gesê.

“Die bate is tydens ‘n skoonmaakoperasie van oortollige voorraad verkoop,” het Ariella Kuper, woordvoerder vir die maatskappy Clear Asset, wat mynvoorraad aanlyn op veilings verkoop, gesê. Die masjien, wat 3 300 ton weeg, is aan die mynmaatskappy Glencore Xstrata verkoop.

Die masjien kan, weens sy grootte, nie uitmekaar gehaal word nie, maar sal na sy nuwe bestemming “gestap” word, teen ongeveer 100 meter per uur. Dit is die eerste verkope van sy aard in 15 jaar.

“Die masjien word gebruik om die boonste laag bo die steenkoolvlakke diep ondergronds, weg te skep. Dit is gelykstaande aan die grootte van ‘n sesverdiepinggebou,” het Kuper gesê.

‘n Nuwe sleepskrop kan glo meer as R1 miljard kos. “Daar is tans ‘n twee jaar waglys vir so ‘n masjien. Om só ‘n sleepskrop van dié grootte internasionaal te vervoer, sonder om die koste in ag te neem dat die masjien by sy nuwe bestemming weer aanmekaar gesit moet word, kan tot R90 miljoen beloop. Die enjinkamer is ongeveer so groot soos ‘n klein saal en het selfs ‘n kombuis.”

Die maatskappy spesialiseer in die aankope en verkope van mynbates namens mynmaatskappye soos Anglo Platinum, Anglo Coal, Lonmin, Glencore, Anglo Gold Ashanti en Diesel Power. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.