Reuse-soektog na verdagte uit hof ontsnap

Vusimuzi Tshepo Genge

Vusimuzi Tshepo Genge

ʼn Reuse-soektog is van stapel gestuur nadat ʼn man uit polisie-aanhouding ontsnap het nadat hy in die Palm Ridge-landdroshof verskyn het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê Vusimuzi Tshepo Genge (30) het omstreeks 13:00 Maandagmiddag ontsnap toe hy van die hofgebou na ʼn polisievoertuig geneem moes word. Dlamini sê ʼn interne ondersoek is ook van stapel gestuur rakende die omstandighede rondom Genge se ontsnapping. “Die verdagte staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met gewelddadige en ernstige misdade wat in Randfontein en Krugersdorp gepleeg is. Dit sluit moord, huisroof, kapings en poging tot moord in.” Genge is in Augustus 2010 in hegtenis geneem. Die Valke het ʼn beroep gedoen op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat tot sy inhegtenisname sal lei. Dlamini sê Genge is 1,9m lank en is aggressief en gevaarlik. “Daar word vermoed dat hy gewapen is en lede van die publiek word gewaarsku om hom nie te konfronteer nie maar die polisie te kontak indien hulle hom sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.