Reusevirus herleef ná 30 000 jaar in ys

Boorwerk in Siberië. Foto: Bloomberg

Boorwerk in Siberië. Foto: Bloomberg

Wetenskaplikes het ‘n reusevirus, wat 30 000 jaar lank in die Siberiese ys vasgevang was en deur boorwerk na die oppervlak gebring is, weer aan die lewe gekry.

Hoewel hierdie virus net die Amoeba (‘n eensellige organisme) aanval, is dit tegnies moontlik dat ander virusse wat mens en dier kan aanval, ook nog onder die ys skuilhou, luidens die verslag wat pas in die Proceedings of the National Academy of Sciences verskyn het. Namate die klimaat warmer word en mense in gebiede vestig wat voorheen verys was, is dit moontlik dat hulle in die grond kan delf en virusse kan opdoen wat hulle kan aanval. Na raming kan dié virusse hulle in lae ys bevind wat tot 3 miljoen jaar oud is.

‘n Vollediger artikel in die Los Angeles Times kan hier gelees het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.