Die Rhapsody’s-konsessie kan dalk gelikwideer word nadat die eienaar glo bedrog gepleeg het met miljoene van beleggers se geld, het The Star Donderdag berig.
Volgens dokumente wat by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is, het die eienaar, Michalis Xekalos, onder andere beleggers se geld rondgeskuif, dieselfde kroeg glo meer as een keer aan verskillende mense op dieselfde tyd verkoop en maatskappyrekeninge gebruik vir persoonlike betalings.
Hy staar kriminele aanklagte van bedrog van R7.26 miljoen in die gesig.
Hy word ook daarvan beskuldig dat hy 115% van die Menlyn-tak aan vier verskillende beleggers verkoop het en R6.5 miljoen in die proses bekom het.
Volgens die hofdokumente skuld die konsessie R85 miljoen.
Xekalos het aan The Star gesê hy is nie ʼn bedrieër nie, maar ʼn man wat te veel by die konsessie betrokke geraak het en dit tot die mislukking gelei het. Hy sê hy het aansoek gedoen vir ʼn ondernemingsreddingsplan.
-SAPA
“Creative Bookkeeping” ontplof altyd in die gesig.
Vasvat = Raakgevat !
;)
Wonder waar gaan ek nou sit en drink en my bepeins oor hierdie land se sorge?
Jy sal maar moet inloer by Baobab … of Kream.