Riaan Cruywagen vir oulaas in jou sitkamer

Die Afrikaanse nuusleser Riaan Cruywagen (67) sal vanaand vir oulaas die Nuus op SABC2 lees.

Cruywagen het vroeër die maand aangekondig dat hy gaan aftree. Cruywagen se laaste uitsending vanaand kom presies 37 jaar na hy by die SAUK begin werk het. Nagenoeg 25 000 mense het op die Facebook-groep “Riaan Cruywagen se laaste uitsending” aangedui dat hulle vanaand na sy swanesang sal kyk. Cruywagen het al meer as 7 000 TV-aanbiedings in sy loopbaan gedoen.

Cruywagen het vroeër aan Maroela Media gesê hy gaan nou alles doen waarvoor hy nie tyd gehad het nie. “My hele lewe het uit nuus bestaan, ek het nooit tyd gehad om teater toe te gaan, rolprente te gaan kyk of eens boeke te lees nie, ek gaan nou al daai lekker goed doen.” Hy sê na sy laaste uitsending gaan hy en sy vrou na ʼn meenthuis in Johannesburg verhuis, en wil hulle teen Kersfees alles uitgepak hê, waarna hy Januarie net gaan rus. Hy sal in Februarie eers besluit waarmee hy hom dan sal besig hou. Hy sê die eerste boek wat hy sy hande wil inslaan is Marita van der Vyver se Die Blou van Onthou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Engelbrecht ·

Dis 35 jaar na sy eerste TV-nuus uitsending. Hy het in die 1960’s al by die SAUK begin werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.