Riaan tree af

Die legendariese nuusleser Riaan Cruywagen het aangekondig dat hy na 37 jaar as nuusleser gaan aftree.

Cruywagen het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het aan die einde van Oktober aan die SAUK gesê dat hy op 26 November die laaste keer die Afrikaanse nuus op SABC2 gaan lees.

“Ek is nou 67 jaar oud en het vir 37 jaar nuus gelees. Ek het meer as 7 000 aande weg van die huis af spandeer en dink dit is nou ʼn mooi geleentheid om af te tree. Ek sien die meeste daarna uit om die aande by my gesin te wees,” het Cruywagen aan Maroela Media gesê.

Cruywagen sê hy gaan nou alles doen waarvoor hy nie tyd gehad het nie. “My hele lewe het uit nuus bestaan, ek het nooit tyd gehad om teater toe te gaan, rolprente te gaan kyk of eens boeke te lees nie, ek gaan nou al daai lekker goed doen,” het Cruywagen bygevoeg.

Hy sê na sy laaste uitsending gaan hulle na ʼn meenthuis in Johannesburg verhuis, en wil teen Kersfees alles uitgepak hê, waarna hy Januarie net gaan rus. Hy sal in Februarie eers besluit waarmee hy hom dan sal besig hou. Hy sê die eerste boek wat hy sy hande wil inslaan is Marita van der Vyver se Die Blou van Onthou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

iaan Cruywagen is fluent in twenty seven of the eleven official languages.

Riaan Cruywagen knows the news before it happens.

Riaan Cruywagen knew you would say that.

Riaan Cruywagen is cryogenically frozen every night for EXACTLY eight hours.
His brain impulses are monitored during this and used as templates for
deciphering elaborate ancient manuscripts.

Riaan Cruywagen had a telekinetic showdown with Johan Stemmet. After
draining all of Stemmet’s powers and rendering him severely retarded, he
created Noot vir Noot and made Stemmet the host.

Some people believe Riaan Cruywagen wears a toupee – he has, in fact, one
perfect hair. The one that covers his entire head – giving it that, ‘not
quite real’ look. Riaan himself is not quite real.

Margriet ·

Geniet jou aftrede jy het hard gewerk in jou lewe vir die afrikaners jy was n puik nuusleser sal jou mis
Geniet wat jy wil doen en volg jou drome

Ignatius ·

Ons gaan jou mis op SABC 2 TV nuus.Ek stem saam dat jy jou taak baie goed gedoen het maar dat jy ook ‘n goeie aftrede verdien saam met jou gesin en vriende.
Mag die Here met jou wees en jou seen in die jare wat kom.

Debra & Leon Botha ·

Gelukkige aftrede Riaan, jy verdien dit, maar ons gaan jou vreeslik mis.

Bets Gertzen ·

Ons sal jou baie mis maar gun jou die tyd saam met jou familie.
Geniet wat jy ookal gaan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.