‘n Voorbeeld van die uniform verskyn onderaan die berig.
Richard Branson, die Britse miljardêr, sal ‘n rooi romp moet aantrek en as lugwaardin moet optree nadat hy ‘n weddenskap teen die stigterslid van AirAsia verloor het.
Branson en Tony Fernandes, hoof uitvoerende beampte van die Maleisiese lugredery AirAsia, het in 2010 ooreengekom dat die persoon wie se span (Virgin en Lotus) in die Grand Prix vervaardigerskampioenskap verloor, as lugwaardin op die ander se lugredery sal dien. Branson het dié weddenskap verloor nadat Lotus 10de op die ranglys geëindig het en Virgin 12de. Branson is egter vroeg in 2011 in ‘n ski-ongeluk beseer en die reis moes uitgestel word.
Fernandes sê Branson het hom gekontak om sy ‘skuld’ te betaal. “Hy sal in Meimaand as lugwaardin vir AirAsia optree. Dit is twee jaar laat, maar die belangrikste is dat hy nie vergeet het nie,” het Fernandes gesê.
Fernandes het vroeër aangedui dat Branson tee, koffie en ander kos en drankies op ‘n spesiale 13-uurlange vlug tussen Kuala Lumpur en Londen sal bedien. Kaartjies vir dié vlug sal op ‘n veiling verkoop word.
Ek dink dit is voorwaar baie oulik van Richard om sy woord te hou en die pakslae soos n man te neem
geld sou nie soveel waarde aan die wettenskap gee nie die resutaat moet weergeee word sal graag wil weet
hoe die ou joppie nou verloop het