Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

Die bejaarde egpaar en hul seun wat Sondagmiddag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval en vermoor is, se liggame is aan die brand gesteek.

Maroela Media het Maandagoggend berig die 76-jarige boer, sy 65-jarige vrou en hul 33-jarige seun is omstreeks 12:44 aangeval. Kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het aanvanklik gesê hulle is doodgeslaan, maar het later aan Sapa bevestig hulle is aan die brand gesteek.

Die Richmond-polisie ondersoek drie sake van moord en ʼn saak van huisbraak. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie, maar Maroela Media kon vasstel dat die gesin ʼn bekende Duitse familie in die gebied is. Hul tweede seun is glo op pad na Suid-Afrika om na hul sake om te sien.

Lees ook:
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Hulle is almal sieklike barbare dan se die Bybel jy moet jou naaste lief he hoe vra ek jou met trane in my oe kan n mens barbare lief he het iemand n antw vir my doodstraf moet terug asb dat hulle kan swing of gee hulle weer die brandende halssnoer

Slim Daan ·

Die duiwel loop rond soos n briesende leeu. Op tuisfrond eerder soos n pak wildehonde. Klim die in dan volg die hienas. Gestroop sal die kopbene in pyn skynlag vir hierdie wonderlike land met die ” mooiste ” grondwet ter wereld.
Is om van te ween en te kots. Gelyktydig.

amelia ·

Alet naaste beteken presies wat dit se mense na aan jou gesin familie en volksgenote Vorige kommentaar verwyder wonder hoekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.