Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend

PlaasmoordeDie bejaarde egpaar en hul seun wat Sondagmiddag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal tydens ʼn plaasaanval vermoor is, se name is bekend.

Volgens die Vryheidsfront Plus is die oorledenes Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33). Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor polisie, sê volgens ‘n buurman van die oorledenes het Lutz Saterdag vanuit Duitsland in Suid-Afrika aangekom om sy pa te verras met sy verjaarsdag gister (Sondag). Hy sou 77 jaar oud geword het. “Sy ma het hom Saterdag by die lughawe gaan haal en met hul tuiskoms het die moordenaars hulle ingewag. Mnr. Schütte was vermoedelik toe reeds vermoor. Hul lyke is gistermiddag kort na twaalf gevind toe ‘n ander seun, Stefan, vir die verjaarsdagpartytjie by die huis opgedaag het.” Maroela Media het van ʼn familielid bevestig dat Eckard en Elizabeth wel op die plaas naby Richmond gewoon het en nie net in Suid-Afrika gekuier het soos wat in ander berigte beweer is nie.

Volgens dr. Groenewald het ‘n polisiewoordvoerder aan die VF Plus gesê al drie het verskeie steekwonde aan hul liggame opgedoen. “Mnr. Schütte se nek en bors is oopgesny, mev. Schütte se kop is met ‘n swaar voorwerp verbrysel en al drie is aan die brand gesteek. Die verdagtes het drie vuurwapens en ‘n voertuig geroof. Teen twee-uur vandag was hulle nog op vrye voete. Die polisie het gesê hulle het geen inligting oor moontlike verdagtes nie.”

Groenewald sê die moorde op die Schütte-gesin is skokkend en getuig beslis nie van gewone misdadigheid nie. “Meeste van die plaasmoorde gaan met wreedheid gepaard en dit wek die indruk dat dit rassisties en polities gedrewe kan wees. Dit is lankal tyd dat ’n ondersoek na wreedheid op spesifiek plaasmoorde gedoen moet word.”

Lees ook:
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nickey ·

Die wreedheid is nooit in verhouding met ‘n motief van roof/diefstal nie! Sterkte vir hulle geliefdes, vriende en die wat die saak ondersoek

gert ·

Ons weet mos wie sit agter al die plaasmoorde ontruim julle plase ! Julle gaan almal geslag word ! Wil nie luister !

plaasnooi ·

Om gereeld te lees van plaas moorde en kleinhoewemoorde ek lewe al in vrees al so bang al gevoel om als op te gee en dorp toe te trek ma wat help dit ons nerens meer veilig ni maak ni saak hoe veilig ons is ni met ons honde hoe mure alarms ens di gemors kom nog steeds in

Heike v Heerden ·

Publiseer indringend elke plaasaanval in al sy wreedheid in die buitelandse media as noodkreet omdat die Suid Afrikaanse Regering nou al jare lank ‘n dowe oor gooi en rug gedraai het op ons blanke boere!

tom ·

Dowe ore? Of saamlopery?

Dit maak in elk geval nie saak nie want niemand gaan iets daarom doen nie.

Veld brande word verhoed want iemand erens sit skouer aan die wiel om dit te keer. Maar wat word gedoen om die platteland te beveilig?

Wat word gedoen om uit te vind hoe die moordenaars hulle teikens kies en hoekom.

Van niks kom niks.

tom ·

Buiten die feit dat die nuwe wet op beheer van eiendom en belane die staat volle reg gaan gee om enige belang oor te neem sonder vergoeding. Die staat nasionaliseer dit nie maar neem dit oor om dit te bestuur. Dit sluit alle eiendom of enige belang van enige aard in. Van myne maatskapye huise plase en selfs trusts in.

patricia strauss ·

Solank as die regering/ANC swyg oor hierdie aanvalle sal hulle voortduur. Deur hulle stilswye, moedig hulle dit aan. Hierdie gedrag is nie nuut onder die Swart bevolkings van Afrika nie- hulle moor mekaar al eeue lank op dieselfde manier uit. Hulle is moorddadig en wreed van geaardheid. Dit word al ‘n geruimetyd onder mense bespreek dat hulle besig is om volksmoord te pleeg.

Annatjie ·

Hoekom moet ‘n ondersoek na wreedheid gedoen word? Ons blankes is hulle tagert en ‘n ondersoek gaan beslis nie maak dat hulle verander nie maar ek weet dat ons vir elke blanke wat vermoor of beseer word deur swartes een stad met inwoners en al in die lokasie moet vernietig dit sal hulle laat besef dat dit ook aan hulle gedoen kan word en hulle sal die moorde staak

Annatjie ·

Sal Gert wat so maklik se ontruim julle plase sys huis en werk ontruim? Gaan hy vir die boere werk gee en blyplek. As jy nie weet waarvan jy praat nie moet jy nie praat nie en wat dink jy wat word van ons land as daar nie boere is nie, sorry jy weet nie wat jy se nie

elli ·

Dit is absoluut grusaam en GOD sê die sonde van hierdie land is groot. Terugkeer na GOD, die Bybel en Gebed is al oplossing wat ons het.
Mag daar vrede by GOD wees vir al die families, en dat die moordenaars sal besef, dat GOD ken hulle wat bloed aan hulle hande het. ‘n Lewe vir ‘n lewe

lynne singleton ·

Ten minste word die moord op die TV gewys vir die hele wereld om te sien en nie toegesmeer soos die res nie. Sterkte aan die familie en vriende wat agterbly.

Johan de Leeuw ·

Doodstraf is al wat die moordenaars sal afskrik en moenie vir my kom vertel dit is onmenslik of middeleeu’s nie!!!!!!

antonie ·

Die doodstraf moet terugkom, net vir een dag om van alle moordenaars en babaverkragters ontslae te raak.Dit sal die land miljoene spaar, en sal dalk n waarskuwing wees vir voornemende moordenaars.
Dan kan hulle dit maar afskaf, totdat daar weer n massa moordenaars ophoop in die tronk, en dan weer van die skuim ontslae raak.kry n backacter en grawe n lang sloot, laat hulle kniel in n ry, dan kan almal sommer op een dag slmal n lood pil in die kop gegee word, goedkoop en goed vir suid afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.