Richtersveld-pad gesluit ná swaar reën

Richtersveld Foto: gocampingsa.wordpress.com

Paaie in Namibië oppad na die Richtersveld is Dinsdag gesluit weens swaar reën in dié gebied.

“Dit is ‘n voorkomingsmaatreël,” het Gabrielle Venter, woordvoerder vir SA Nasionale Parke (SANParke) gesê. “Gaste wat oor die volgende paar dae verwag word is in kennis gestel en vervolgens aangeraai om versigtig te ry en van alternatiewe paaie gebruik te maak.”

Volgens Venter sal besoekers op hoogte gehou word wanneer hul Namibiese eweknieë hulle van inligting bedien oor die padsituasie. Die Oranjemund, Rosh Pinah, Ai-Ais en Noordoewer-paaie is Dinsdagmiddag gesluit. Motoriste is gewaarsku dat hulle beboet kan word indien hulle op ‘n pad ry wat gesluit is. “Motoriste moet baie versigtig ry in swaar reën en nie poog om oorstroomde paaie of brûe oor te steek nie,” het Venter bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.