Riool bedreig gesondheid en die omgewing

Boere verloor vee omdat riool die weivelde op plase oorspoel.

Die Mafube-munisipaliteit in Limpopo se nalatigheid bedreig menslike gesondheid en die omgewing, het die burgerregte-organisasie, AfriForum, gesê.

Volgens Pieter van der Westhuizen, die voorsitter van die AfriForum Frankfort-tak, verloor

Van der Westhuizen het gesê dat die munisipaliteit nie ʼn aksieplan aan AfriForum voorgelê het om dié probleem aan te spreek nie. “Ons het geen terugvoer van die Mafube-munisipaliteit ontvang nie en ons sal stappe teen hulle neem,” sê Van der Westhuizen.

AfriForum het ook ʼn brief aan die departement van gesondheid gestuur. “AfriForum het ʼn versoek gerig om die departement se verslag rakende die onlangse ondersoek na Mafube te sien,” vertel Van der Westhuizen.

Die departement van waterwese speel ʼn groot rol daarin om te verseker dat regulasies nagekom word. AfriForum het die departement per brief gevra om stappe teen die verantwoordelike persone te doen. Die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) stel dit duidelik dat dit ʼn kriminele oortreding is om waterbronne te besoedel. “Die departement van waterwese is daarvoor verantwoordelik om die munisipaliteit se kriminele nalatigheid aan te spreek. AfriForum het ʼn aksieplan van die departement versoek,” sê Van der Westhuizen.

AfriForum sal die verslae noukeurig deurgaan en voortgaan om die situasie in Mafube dop te hou om te verseker dat die regulasies afgedwing en die nodige stappe teen die verantwoordelike persone geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.