Riool in munisipale kantoor gestort

Munisipaliteitswerkers in Boshof in die Vrystaat weier om werk toe te gaan nadat rou riool in hul kantoor gestort is.

Ontstoke inwoners het Dinsdag glo ‘n emmer vol rou riool in die munisipaliteitskantoor gestort nadat Sono Mofokeng, bestuurder by Tokologo-munisipaliteit van nepotisme aangekla is, berig Volksblad. Michael Lentsa, ‘n onafhanklike raadslid, het aan Volksblad gesê die betogers wou met die munisipale bestuurder oor die aanstelling van 10 mense vergader.

Toe die inwoners uitvind Mofokeng is met verlof, het hulle die riool in die kantoor gestort. Na bewering was die onderskeie poste nie geadverteer nie.

Inwoners, raadslede en Mofokeng het Donderdag in die naburige dorp Herzogville oor die saak vergader.

Die koerant berig die besluit is geneem dat die aanstellings teruggetrek sal word.

Die gemors was egter teen Donderdagmiddag nog nie verwyder nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.