Rioolpyp-moord: Familie eer Hilton Botha

Hilton Botha Foto: www.capitalbay.com

Hilton Botha, voormalige polisiebeampte, was Dinsdag by die Pretoriase landdroshof om die vonnisoplegging in ‘n moordsaak wat hy ondersoek het, by te woon, het The Star Woensdag berig.

Botha, wat die oorspronklike ondersoekbeampte in Oscar Pistorius se moordsaak was, was nie Dinsdag by Pistorius se hofsaak nie.

Botha het Jimmy Mahlaba (26), wat Denise Stratford in 2011 vermoor het, se vonnisoplegging bygewoon. Hy is lewenslank gevonnis en ‘n verdere 20 jaar vir die diefstal van haar motor. Klik hier om meer te lees.

Botha is van poging tot moord aangekla nadat hy glo skote op ‘n minibustaxi gevuur het, omdat hy oortuig was dat die verdagte in die voertuig gery het. Die klagtes teen Botha het die nuus gehaal tydens Pistorius se borgaansoek vroeër die jaar. Hy het kort daarna uit die polisie bedank.

“Ons het die hoogste eer vir Hilton en die ander polisiebeampte vir hoe hulle my ma se saak hanteer het,” het een van Stratford se seuns, Duane, aan The Star gesê. “Hulle het professioneel en vol empatie opgetree. Die saak het sy tol geëis op Hilton.”

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

martie ·

Ja nee die slegte klomp sal enige iets doen om van goeie polisie manne en vroue ontslae te raak

Yvonne ·

Hilton, ek salueer jou. Jy het gewys dat jy nie omgekoop word deur sensasie nie – jy kon netsowel by Oscar se verhoor gewees het en jou foto weer in die Huisgenoot. Die media het maar net ‘n manier om die waarheid te verdraai sodat die storie kan verkoop. Dis jammer jy was ‘n slagoffer daarvan. Jy kon dalk nog baie ander gesinne soos die Stratfords gehelp het.

lorayne ·

SALUUT! HILTON BOTHA!!!!
WEET net, JY het ‘n verskil gemaak in baie mense se lewens!
My hart gaan uit na Denise Stratford se gesin, ‘n vonnis is beter as ‘n vryloop. . . .

Amelia ·

Dis maar soos dit gaan in SA deesdae … opregte mense soos Hilton word gestraf vir goeie gedrag en slegte mense (kan nie name noem nie) word beloon vir swak gedrag …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.