Rioolpyp-moord: Wag kry lewenslank

Denise Stratford. Foto: Facebook

Jimmy Mahlaba (26) is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Denise Stratford (55).

Stratford se liggaam is in November 2011 in ʼn rioolpyp by die Mooikloof-kantoorpark, oos van Pretoria, gevind. Sy het verdrink nadat Mahlaba haar drie keer geskiet het en by die rioolpyp afgegooi het. Mahlaba was ʼn veiligheidswag by die Mooikloof-kantoorpark waar Stratford as ʼn kantoorbestuurder gewerk het. Stratford se seuns, Brandon (29) en Duane (32), het die trane weggevee terwyl hul pa, Trevor, getuig het oor hoe die moord hulle gesin se lewe verwoes het. Hy het sy vrou as barmhartig en plesierig beskryf en sê sy het geleef vir haar kleinkinders. Op ʼn vraag aan Stratford oor of hy Mahlaba sal kan vergewe vir die moord op sy vrou het hy gesê hy glo in ʼn “oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand” vir iemand wat so gruwelike en afskuwelike misdaad gepleeg het.

Stratford se motor is in Mahlaba se besit gevind en haar bloed was op sy skoene en klere. Hy beweer dat sy kollega Obed Chauke vir Stratford vermoor het. Mahlaba het die polisie daarvan beskuldig dat hulle hom gemartel het en hom gedwing het om die moordtoneel uit te wys. Regter Nico Coetzee het Mahlaba se getuienis verwerp. Hy sê dit is duidelik dat Stratford se seuns nog nie vrede kon maak met wat gebeur het nie. “Hulle het ʼn liefdevolle ma wat omgegee het verloor. Sy het die beskuldigde geen leed aangedoen nie. Hy het haar vermoor omdat hy gulsig was. Gierigheid was die motief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

lorayne herbst ·

Wat ‘n jammerte dat ‘n onbeskaafde monster toegelaat is om soveel hartseer en smart te veroorsaak . . . . Mag hy vrot in die tronk!

Marlene ·

Die fonnis is glad nie gepas nie. Die gemors kry nou lewenslank,hy word voor gesorg, kan studeer kry als verniet en dit op wetsgehoorsame burgers se belasting geld. BRING DIE DOODSTRAF TERUG EN FONNIS ALLE MOORDENAARS,VERKRAGTERS EN MOLLESTEERDERS TOT DIE DOOD!!!!!!!!!!!!!! DIE TEREGSTELLING KAN SOMMER IN DIE OPENBAAR PLAASVIND SODAT ANDER KAN SIEN WAT GEBEUR. MAG GOD GENADE HE OOR ONS, WANT DIE PATETIESE REGSTELSEL EN REGERING GEE NET MOOI NIKS OM NIE

piet ·

HANG DIE BLIKSEM, SOMMER IN DIE OPENBAAR OF NOG BETER STENIG HOM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.