Rioolvloede in Fairlands, JHB

Inwoners van Fairland, noord van Johannesburg, het hul frustrasie met Johannesburg Water uitgespreek na verskeie eiendomme met rou riool oorstroom is.

‘n Span munisipale werkers is Woensdag na die gebied ontbied, maar teen Sondagoggend was die probleem steeds nie opgelos nie, berig EWN. Tegnici ondersoek steeds die oorsaak van die rioolvloede.

Wendy Erasmus, een van die inwoners wat hierdeur geraak is, het aan Eyewitness News gesê die reuk in haar huis het dit onleefbaar gemaak. “Mens wil nie eers eet nie, die reuk is onuithoudbaar,” het Erasmus gesê.

Inwoners is bekommerd dat hul gesondheid hierdeur geraak gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.