Die polisie het Dinsdag die slagoffer se naam bekendgemaak wat onlangs in sy voertuig naby Riversdal verkool het.
Evert Ferreira (57) van Rawsonville het Donderdag, sowat 12km buite Riversdal in die Wes-Kaap in die ongeluk verkool. Volgens kapt. Malcom Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het Ferreira glo beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor teen die vragmotor gebots.
Die drie insittendes van die vragmotor is na die Riversdal-hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die Riversdal-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ek het reg agter evert gery toe die ongeluk plaasgevind het! Kan jy asb vir my op hoogte hou van die ongeluk! Dit was baie erg!