RKK-kommissie gaan seksuele mishandeling beperk

Pous Francis

Pous Francis

Pous Francis gaan ʼn paneel van kundiges saamstel om hom van raad te bedien oor hoe om kinders van priesters te beskerm wat hulle seksueel kan mishandel, en hoe om slagoffers te help wat reeds mishandel is.

Kardinaal Sean O’Malley, die aartsbiskop van Boston, het die kommissie Donderdag bekend gemaak. Die Rooms Katolieke Kerk in Boston was in 2002 die middelpunt van die seksuelemishandeling-skandaal in Amerika.

O’Malley het gesê die kommissie sal huidige programme bestudeer om kinders te beskerm, priesters beter na te gaan, personeellede van kerke op te lei en nuwe inisiatiewe voor te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.