Robert McBride aangestel as Opod-hoof

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride is Vrydag as die nuwe hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangewys.

“Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Vrydag amptelik McBride se aanstelling as uitvoerende direkteur van Opod aangekondig,” het Zweli Mnisi, woordvoerder van die ministerie van polisie, in ʼn verklaring gesê.

McBride sal die rol van Maandag af vervul.

Opod is al ʼn jaar lank sonder ʼn hoof sedert Francois Beukman bedank het.

McBride is vroeër as die hoof van Ekurhuleni metropolitaanse polisie afgedank nadat hy aangekla is van dronkbestuur en dwarsboming van die gereg. Hy is in 2011 twee jaar tronkstraf opgelê, maar sy appèlaansoek op die vonnis was suksesvol.

Mthethwa het Koekie Mbeki, die voormalige waarnemende uitvoerende direkteur van Opod, bedank vir haar werk die afgelope jaar en ʼn half. -SAPA

Lees ook:
McBride ooglopend nie geskik vir Opod-pos nie
McBride-aanstelling gelooi
McBride se benoeming nog ‘n klad op die polisie se naam
Kabinet soek McBride as Opod-hoof
McBride skotvry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Demokraat ·

Dis jammer dat ‘n persoon met so ‘n bedenklike profiel en swak agtergrond, aangestel word in so ‘n hoë posisie.

anita ·

Om in ‘n hoë pos aangestel te word, moet die CV bestaan uit hoeveel misdade, hoeveel keer betrap onder die invloed van drank/en hoeveel tender bedrog/hoeveel kere geeet KFC op staats onkoste,
Hierdie kwalifikasies word vereis.

Wie blameer ons? ons is ,n leierlose minderheids groepering met die vloek van apartheid op on rug getatoeer. As iemand opstaan namens ons en werklik beswaar aan teken dan mag daar iets gebeur.

Ons het selfs nie eers ‘n politieke leier nie, selfs Malema word vry gespreek sonder boete betaling met …
sy spoed oortreding, maar Steve Hofmyer moet betaal, as dit nie diskriminasie is nie, dan is almal blind en doof.

Dus laat Robert in die vetpotte induik, ons het mos geen deksel vir die pot nie.

Vertel my waarom het ons geen leiers meer nie, die Afrikaans sprekende “Staan maar by die DA”
en selfs by hierdie party word ons net benodig vir die xxxxxxxxx.

Sirkusganger ·

Net nog ‘n teken dat die land deur narre “gelei” word. Wat ‘n belaglike aanstelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.