Robotte gaan dalk Amerikaanse soldate begin vervang

'n Robotsoldaat

‘n Robotsoldaat

Die moontlikheid om Amerikaanse soldate met robotte te vervang, word tans ondersoek.

Die Amerikaanse weermag oorweeg om sy soldatemag teen die einde van die jaar van 540 000 tot 490 000 te verminder, en daarna steeds te verminder.

Die robotte wat nou ‘n moontlikheid kan word is egter (nog) nie iets soos die Terminator nie, maar eerder robotvoertuie wat mensbestuurder-voertuie kan vervang. Die eerste sal waarskynlik ‘n rits robotvoertuie wees wat in konvooi ‘n mensbestuurde-voertuig sal volg.

Die VSA het reeds ‘n robottuigie in Afganistan getoets wat die soldate se toerusting kan dra. Afstandbeheerde vliegtuie, wat ook tuie insluit wat die sogenaamde Hellfire-bomme neerwerp, is reeds in gebruik.

Human Rights Watch het reeds in 2012 gevra dat die ontwikkeling van gevegsrobotte verbied moet word “voor dit te laat is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

juan ·

Ja so gaan roborts di hele land oor neem en duisende mense werkloos laat as dit in sa moet gebeur dink net hu gaan di misdaad op gaan

colette ·

Wat ‘n Wonderlike idee! Gaan hulle teen ander robotte veg? Dan spaar albei kante sommer mense lewens! Hulle moet net pasop vir die ou wat die meeste olie het vir sy robot.

GawieM ·

Hel dit is mos nou net die regte goed om ons regering te vervang. Hulle sal die land beter bestuur sonder om selfs geprogrammeer te word. Yster koppe en nie Pinokio koppe nie.

A.N. Roux ·

Om robotte aan jou kant te he is uitstekend. Die morele kwessie egter, is of dit aanvaarbaar is om mense met masjiene te dood. Dan beskerm jy jou manier van leef, kultuur, kleur….?godsdiens….? met geen risiko nie teenoor die ander party wat die hoogste prys betaal. Aan die ander kant kan dit met misdadigers toegepas word sonder om polisiemanne en vroue se lewens onnodig in gevaar te stel. ‘n ander vraag is hoe leer jy “gutfeel” vir die robot wanneer om op te tree al dan nie. Op watter moment wat te doen? Voordele en nadele.

Jasper ·

Ten minste kan mens die ding herprogrameer of afskakel sodra hy begin eise stel en toi toi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.