Rock-ster maak stem dik teen dolfynjag

Argieffoto

Argieffoto

Matt Sorum, die voormalige dromspeler vir die rockgroep Guns N’ Roses, besoek tans ʼn afgeleë Japannese visvangeiland om teen die dorp se jaarlikse dolfynslagting te betoog.

Die betoging is deel van ʼn veldtog wat van stapel gestuur is nadat die fiek, The Cove, dié jaarlikse tradisie van die Taiji-dorpie bekend gemaak het. Die fliek het in 2009 ʼn Oscar-toekenning ontvang.

matt sorum

Matt Sorum

Die fliek wys hoe dolfyne in ʼn baai gelei en vasgevang word en dan deur vissermanne met spiese doodgesteek word vir hulle vleis. Inwoners beskou die daad as deel van die dorpie se tradisie en het Westerse kritici wat ander tipe vleis eet, as skynheilig bestempel.

Sorum het Maandag gesê hy was nog altyd lief vir die see en dat hy ook bekommerd is dat dolfyne gevang word en in akwariums aangehou word vir die publiek se vermaak.

Hy en ander Japannese en Westerse aktiviste het Sondag in Taiji aangekom op die dag wat die jaarlikse dolfynjag begin het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willy ·

Niks met die berig te doen nie maar hulle mooiste lied vir my is November Rain.

Hierdie Japanese, Chinese en Taiwanese volgens my is ‘n spesie wat geen gevoel het vir die skepping nie.

Trippie ·

Darem so bietjie met die berig te doen, Matt Sorum is ‘n aantreklike man, NET JAMMER vir die dubbele-dosis oorbelle … GRRRRR ! En dan sy kapsel wat so deurmekaar is !

Yeaah man, November is ‘n spesiale maand vir my.

***

Stem saam, hierdie veter-oog-nasie voel minder as niks vir dit wat vir ons saak maak nie … vreet mos enige ding.

snapalot ·

Interessant hoe baie mense in die musiekbedryf aktiviste word.

Willy ·

Is dit nie een van die beste platforms om gehoor te word en ‘n boodskap uit te dra nie snapalot? Kyk wat vermag U2 om een te noem.

janine ·

Ek kon nie die fliek The Cove klaar kyk nie, was te grusaam. Ja mense dink hul koop Tuna dan is dit Dolfyn. Agv hulle gelowe word ons renosters gestroop. Wrede klomp!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.