Rokers moet aansoek doen vir lisensies

Kanker-kenners in Australië wil glo lisensies uitreik vir rokers.

Prof. Roger Magnusson van die regskool by die Universiteit van Sydney en prof. David Currow van die kanker-instituut in New South Wales, het in die mediese joernaal van Australië gesê ‘n lisensiekaart sal rook onder tieners bekamp. Handelaars sal telkens die lisensie voor enige sigaretverkope moet nagaan om seker te maak dat die pakkie deur ‘n volwassene aangekoop word, berig news.com.au.

Alhoewel dit in Australië vir enigiemand onder 18 onwettig is om te rook, rook 2.5% van tieners tussen 12 en 17 jaar oud daagliks. ‘n Verdere 1.3% rook minder.

Altesaam 31% van tabak wat deur tieners gerook word, word by handelaars of direk oor die internet aangekoop.

Magnusson en Currow hoop ook dat die slimkaart gebruik kan word om data te versamel oor rokers wat hulle kan help om op te hou. Hulle verwerp egter argumente dat die lisensie rokers soos “geregistreerde verslaafdes” sal laat voel.

Die regering wil teen 2018 die aantal rokers in die land van 16% na 10% verlaag. Die land het verlede jaar omstrede eenvoudige verpakkingsreëls ingestel wat beteken dat alle sigarette in ‘n vaal, bruin verpakking verkoop moet word met gesondheidswaarskuwings wat oor 75% van die pakkie gedruk is.

Kevin Rudd, eerste minister, het verlede week aangekondig dat die regering die tabakbelasting vier maal oor die volgende vier jaar gaan verhoog om $1.3 miljard in te vorder. Dit beteken ‘n pakkie sigarette sal teen 2016 ongeveer $5 ekstra kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Bezuidenhout ·

Al kos n pakkie sigaret R100-00,gaan dit vir die verslaafde nog n “bargain” wees.Prys van n produk skrik nie die verbruiker af nie…Die verslawing,roep die hardste…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.