Rolex-bende verbind aan baasspeurder se ring

Piet Bylveld en sy vrou Elize tydens die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley se aansoek om 'n herverhoor. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die baasspeurder Piet Byleveld het glo ʼn troupand gekry by ʼn sakeman wat ondersoek word vir sy beweerde bande met die berugte Rolex-bende.

Sunday Times berig dat Tony Vardas ondersoek word vir sy beweerde betrokkenheid in die koop en verkoop van goedere wat glo deur die Rolex-bende gesteel is. Die Rolex-bende agtervolg glo ryk mense van winkelsentrums en beroof hulle dan van duur horlosies en juweliersware. Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore, die sosiale vlinder en sakevrou, Edith Venter, en Judy Sexwale, vrou van die minister van huisvesting Tokyo Sexwale, is van die bekende slagoffers van die Rolex-bende. Byleveld sê Vardas het hom kort voor die troue gebel en gesê hy wil graag ʼn bydrae maak. Byleveld het in Desember met Elize Smit getrou naby Mookgopong in Limpopo. Byleveld sê Vardas het nie die troue bygewoon nie. Hy sê hy het Vardas lank terug ontmoet toe laasgenoemde ʼn getuie was in ʼn saak wat hy ondersoek het. Byleveld sê Vardas het ʼn juwelier gereël wat sy vrou se vinger gemeet het vir ʼn troupand. Byleveld sê hy was onbewus dat Vardas by enige kriminele aktiwiteite betrokke was en dat hy sou optree indien hy geweet het. Die Valke se woordvoerder, McIntosh Polela, het bevestig dat Vardas ondersoek word vir sy beweerde betrokkenheid by die Rolex-bende. Die hoof van dié berugte bende, Kelvin Ludidi, is intussen Donderdag deur die polisie in Midrand doodgeskiet.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.