Romanz-sanger glo ‘n spoedvraat

ʼn Sanger van die Afrikaanse groep, Romanz, is Saterdag op pad na ʼn vertoning in hegtenis geneem nadat hy glo te vinnig gery het.

“Die sanger was op pad om by ʼn troue in Worcester in die Kaap op te tree toe hy afgetrek is,” het Busaphi Nxumalu, woordvoerder van die Gauteng verkeerspolisie se hoëspoed-eenheid gesê. “Hy is omstreeks 06:39 op die R21 naby die Olifantsfontein-afrit afgetrek nadat hy 189 km/h met sy Renault Megan gejaag het. “Hy het beweer hy is laat vir ʼn vlug vanaf OR Tambo,” het sy gesê.

Die musikant is na die polisiestasie in Olifantsfontein geneem waar hy formeel van roekelose en nalatige bestuur aangekla is, berig IOL News. Hy is op R1 000 borgtog vrygelaat en sal vroeg volgende week in die landdroshof in Tembisa verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.