Rompslomp is Slaggate Brigade se einde

Rondslomp in 'n tenderproses het daartoe gelei dat die Slaggat Brigade se dienste binnekort opgeskort sal word. Foto: infosight.co.za

Terwyl daar ʼn behoefte vir openbare en private vennootskappe in Suid-Afrika bestaan, beteken dit nie altyd dié vennote weet presies hoe hulle dit met mekaar het nie.

Volgens ʼn berig op IOL moes die versekeringsmaatskappy, Dial Direct, dit op die harde manier uitvind nadat burokratiese rompslomp in ʼn tenderproses daartoe gelei het dat hulle die werksaamhede van hul Slaggat Brigade binnekort moet staak. Die maatskappy het ongeveer R1-miljoen ʼn maand gespandeer aan die projek en reeds oor die 50 000 slaggate in Gauteng herstel.

Die Brigade se werksaamhede word amptelik einde Junie opgeskort.

Lees hier vir nog inligting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.