Terwyl daar ʼn behoefte vir openbare en private vennootskappe in Suid-Afrika bestaan, beteken dit nie altyd dié vennote weet presies hoe hulle dit met mekaar het nie.
Volgens ʼn berig op IOL moes die versekeringsmaatskappy, Dial Direct, dit op die harde manier uitvind nadat burokratiese rompslomp in ʼn tenderproses daartoe gelei het dat hulle die werksaamhede van hul Slaggat Brigade binnekort moet staak. Die maatskappy het ongeveer R1-miljoen ʼn maand gespandeer aan die projek en reeds oor die 50 000 slaggate in Gauteng herstel.
Die Brigade se werksaamhede word amptelik einde Junie opgeskort.
Lees hier vir nog inligting