“Rondloper” renoster gevang

Argieffoto

Die polisie en wildbewaarders van Grahamstad in die Oos-Kaap het ʼn renoster gevang en na ʼn plek van veiligheid geneem nadat hy naby die N2-snelweg naby Salem rondgeloop het.

Die renoster het glo vroeër ontsnap toe dit van een wildsreservaat na ʼn ander vervoer is. Mali Govender, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die renoster was onder verdowing toe hy tussen die reservate verskuif is. “Die renoster het dit reggekry om te ontsnap nadat hy wakker geword het,” het Govender gesê.

ʼn Motoris het die renoster vanoggend tussen digte bosse gesien en die polisie in kennis gestel.

“Die dier is gevang en met die hulp van die polisie se lug-eenheid is hy na veiligheid geneem,” het Govender bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.