Rondloper-seekoei byna ‘n jaar later aangekeer

Argieffoto

ʼn Seekoei wat in die Valsbaai-natuurreservaat rondgeloop het, is aangekeer en by die Gondwana-wildreservaat naby Mosselbaai vrygelaat.

“Die jong seekoei is Vrydag na Gondwana vervoer,” het Julia Wood, bestuurder van omgewingshulpbronne van die stad Kaapstad, gesê. “Die verplasing is deel van die stad Kaapstad se poging om hierdie spesie weer in die Wes-Kaap te vestig.”

Die seekoei is in die Strandfontein-voëlgebied aangetref waar hy, weens elektriese heinings, nie verder kon beweeg nie. Die seekoei het verlede jaar uit die Rondevlei-gedeelte van die Valsbaai-natuurreservaat, waar ander seekoeie gevestig is, ontsnap.

Wood sê seekoeie was algemeen in die Wes-Kaap, maar hulle is in die vroeë 1700s uitgewis.

Die spesie is in 1981 by Rondevlei hervestig, wat die eerste hervestiging van seekoeie in hul historiese habitat verteenwoordig.

Lees ook:
Moenie rondloper seekoei skiet nie
Kaapstad-seekoei steeds op vrye voet
Seekoei loop rond in Zeekoevlei, Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.