Roodepoort-fabriekbrand geblus

Die foto is deur @LadyRachel op Twitter gelaai.

ʼn Brand wat vroeër Vrydagoggend by ʼn fabriek in Roodepoort onstaan het, is binne vier ure geblus.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die brand het omstreeks 03:00 by ʼn fabriek in Main Reefweg uitgebreek. Die fabriek vervaardig houtkratte wat gebruik word om geskenke in te verpak. “Ons het vyf brandweerwaens en twee watertenkers gebruik om die brand te blus. Die fabriek het erge skade opgedoen. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en niemand is tydens die voorval beseer nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.