Roodepoort-ontbloter borgtog geweier

ʼn Man van Roodepoort wat hom glo gereeld aan meisies van laer- en hoërskole ontbloot en seksuele dade uitgevoer, is deur die hof borgtog geweier.

The Star het Maandag berig die 30-jarige man is deur die Roodepoortse landdroshof borgtog geweier uit kommer dat hy met dié eksplisiete seksuele dade sal aanhou, aangesien hy self aan die polisie erken het hy het “ʼn probleem”. Die man word van twee klagtes van seksuele aanranding en ses klagtes van seksuele uitbuiting van ‘n minderjarige aangekla.

Volgens die berig het beweerde misdade tussen Februarie en April plaasgevind. In twee gevalle het hy, sonder ʼn broek, stadig verby ʼn hoërskool gery en sommige meisies geld aangebied vir seksuele dade. Hy het glo ook in ʼn stadium tydens pouse buite die skoolheining voor laerskoolmeisies ʼn seksuele misdryf gepleeg, oog geknip vir die meisies en toe weggery.

Die man is uiteindelik op 9 April in hegtenis geneem en bly in polisieaanhouding. Sy beweerde slagoffers is tussen 11 en 17 jaar oud.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

as hy hom nou aan groot vrouens ontbloot het sou ek gelag het en gese het sy ding pla hom. ok al met so een te doen gehad in pta so 3 huise van my af. een oggend was ek oppad kafee toe en agter my het i klomp swart vrouens geloop. ta het nog so uitgehang toe point and laugh ons. was di laaste.
maar sulke jong meisies, sny af wat pla en gooi weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.