Rooftog by Emperors Palace

Foto: @ewnreporter/Twitter

Twee vermeende rowers en drie omstanders is glo Sondagoggend gewond na ʼn gewapende rooftog by Emperors Palace in Kempton Park aan die Oos-Rand.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê verdere besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie. SABC News berig dat twee van die gewapende rowers gedurende ʼn skietgeveg met die polisie gewond is en dat verskeie ander in hegtenis geneem is. Volgens berigte is drie omstanders ook gewond. Daar word berig dat sowat tien swaar gewapende rowers glo vroeg Sondagoggend by die casino ingebars het.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.