Die polisie is op soek na drie mans nadat hulle glo ‘n nagklub in Welkom, in die Vrystaat, beroof het.
Die mans het die nagklub glo Woensdag beroof, het ao Neville Wessels, woordvoerder vir die polisie, gesê. Die mans het werknemers glo met ‘n vuurwapen aangehou, geld geëis en toe weggehardloop.