Rooftog gefnuik, agt vas

handcuffs3-320x257Agt mans wat glo ʼn gewapende rooftog in die Wes-Rand beplan het, is Dinsdag in Germiston in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê hulle het die mans se beplande gewapende rooftog gefnuik. Hy sê die agt is in Leondale in hegtenis geneem nadat die Valke en die nasionale intervensie-eenheid ʼn wenk ontvang het. “Ons het die inligting opgevolg en die verdagtes omstreeks 10:00 in hegtenis geneem. Ons het op vyf voertuie en drie vuurwapens beslag gelê. Drie van die voertuie is gesteelde voertuie.” Ramaloko sê die verdagtes sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Mensig, maar dan sê ek byvoorbaat dankie aan die persoon / persone wat die wenk deurgegee het. Altyd eerste dank aan hulle, en dan die Valke en die nasionale intervensie-eenheid !

Job well done !

Johann ·

Soos wat die feesseisoen naderkom gaan hierdie rooftogte toeneem. Ek doen kersinkopies noual om die winkelsentrums die einde van die jaar te vermy.

Trippie ·

Wyse besluit. Dis nou vir diegene wat nog daardie ekstra geldjie het om geskenkies te koop ;)

JAVR ·

Yip dis hulle affirmative shopping tyd. Dis wanneer hulle nou in jou huis gaan, jou xmas boom meet, kaia toe loop en kyk waar dit gaan staan sodat die goed in jou huis ook nog daar onder kan pas!

Willy ·

JAVR ek giggel so! Haha goeie een! Nou moet ek eers ‘n draai loop. En vinnig ook!

Trippie ·

JAVR OP HAAR BESTE !

Ek het darem maar vandag al BAIE lekker gelag ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.