Rooftog by Tutu se huis

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Diewe het Dinsdag by emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se huis in Milnerton in Kaapstad ingebreek terwyl hy oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion in Soweto, Johannesburg, bygewoon het.

“Ek kan bevestig dat daar gisteraand ʼn inbraak was,” het Roger Friedman, woordvoerder vir Tutu, gesê. “Ons kan nog nie sê wat presies gesteel is nie. Die aartsbiskop en sy vrou was nie tuis nie. Die huis is nie geplunder nie.”

Volgens kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het die voorval Dinsdag tussen 19:00 en 21:00 plaasgevind. “Ons kan in hierdie stadium nie enige verdere besonderhede verskaf nie, aangesien die saak steeds ondersoek word,” het Kinana gesê. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Dit is die tweede keer in vyf maande wat iemand by Tutu se huis inbreek. Diewe het in Augustus by die huis ingebreek terwyl Tutu en sy vrou, Leah, geslaap het. Die egpaar is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eksenet ·

En almal dink dit gebeur net by nie regerings amptenare se plekke……………Welkom in die NSA!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.