Rooftog by Yusuf Abramjee se huis

Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee

Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Vrydag by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis in Erasmia, wes van Pretoria, ingebreek het.

“Die rowers het eers op ‘n ander huis in nabygeleë Senoritastraat toegeslaan, waar die polisie hulle onderbreek het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het te voet gevlug en ‘n blou Mercedes Benz op die toneel agter gelaat.”

Die motor is glo vroeër die week as gesteel aangemeld. “Die polisie het toerusting in die voertuig opgespoor wat vir inbrake gebruik word.

Die rowers het toe omstreeks 09:30 na Abramjee se huis in Johann Straussstraat beweeg waar hulle ‘n elektriese heining geknip het voordat hulle die Abramjees met ‘n vuurwapen gedreig en hul motor gesteel het. “Terwyl hulle weggery het, het hulle verskeie skote gevuur en Abramjee en sy seun het teruggeskiet,” het Dlamini gesê.

Die polisie het binne ‘n paar minute opgedaag, maar die verdagtes het reeds gevlug.

Teen 14:30 was Abramjee se motor steeds nie opgespoor nie, maar die polisie volg verskeie leidrade.

Niemand is in enige van die rooftogte beseer nie.

Dlamini doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor waar die rowers hulleself kan bevind om Crime Stop te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rondom Lelik ·

Misdaad is gelukkig onder beheer of wat se ek Yusuf Abramjee

Peter Says ·

Wonder wat sou gebeur het met hom, sou hy een van die rowers gewond/doodgeskiet het. Sou die owerhede aankla ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.