Twee werkers van Oriental City in Bruma, Johannesburg, is Woensdag tydens ʼn gewapende roof geskiet en gewond.
Konst. Thabo Malatjie, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ʼn groep van 12 mans het vroeër vandag die winkel bestorm. Die eienaar wou hulle teenstaan, waarna hulle glo lukraak op die werknemers begin skiet het.
Hulle het ook skote buite die winkel gevuur terwyl hulle na hul wegkomvoertuig, ʼn Mercedes-Benz Vito, gehardloop het.
“Toe die mans uit die parkeerarea gery het, het hulle teen ʼn BMW gebots,” het Malatjie gesê.
Die mans het uit hul wegkomvoertuig gespring, twee voertuie in die omgewing gekaap, en weer weggejaag.
Volgens Malatjie is dit nog nie bekend of enigiets uit die winkel gesteel is nie. Die ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
SLYMBOLLE … ‘n lewe beteken vir hulle minder as niks !
Trippie, moenie ‘n slymbol beledig nie. Hierdie vuilgoed moet vrekgemaak word want die enigste goed aan so iemand is wanneer hy vrek is. ‘n Regte klom grootgemaakte muishond nageboorte!!!!
DITTO !
Niks gesteel, twee vrek= Winskoop
“Die mans het uit hul wegkomvoertuig gespring, twee voertuie in die omgewing gekaap, en weer weggejaag. “my vriendin werk in die gebou oorkant en 2 skote is deur hulle vensters (by haar tafel waar sy sit) … hulle moes grond toe val en wegsyl – die drama was binne 5 minute verby – ruite van geboue en karre uit … gelukkig is niemand getref deur die bullets nie … hoe gelukkig kan ‘n mens wees – Leer om weer die lewe te wardeer as jy jouself in so noue-onkoming bevind ne !