Rooi lig vir Wynland-tolprojek

Grafika: Sanral

Die stad Kaapstad se aansoek vir ‘n interdik om die N1/N2 Wynland-tolprojek te keer, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan.

Die interdik is toegestaan hangende die finale uitspraak oor die stad se hersieningsaansoek.

Maroela Media het vroeër berig die nasionale padagentskap (Sanral) se openbare kennisgewing oor die Wynland-tolprojek was glo onwettig, aangesien Sanral nooit ‘n behoorlike raadsbesluit oor die projek geneem het nie. Geoff Budlender, vir die stad Kaapstad, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat Sanral die afwesigheid van dié besluit probeer versteek het, aangesien dit hulle saak ongeldig laat.

Die stad is ook ‘n hofbevel toegestaan wat Sanral dwing om sekere dokumente te voorsien wat hy oor die besluitnemingsproses versoek het.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het aan EWN gesê dit is baie goeie nuus. “Ons is tevrede met die uitkoms en gaan nou voortgaan met die hersieningsaansoek sonder dat Sanral met konstruksie kan begin.”

Lees ook:
Geen behoorlike besluit oor Wynland-tolprojek
Kaapse e-tol: Stad soek dokumentasie
Nóg tolpaaie glo beplan
DA gaan Kaapse tolprojek beveg
Tolhekke glo “anders” in Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.