Rooigety-waarskuwing in Knysna

Foto: knysnafm.co.za

Foto: knysnafm.co.za

SANParke het Maandag gewaarsku dat geen kreef of skulpvis by die Knysna-riviermond gevang en geëet mag word nie, nadat spore van rooigety daar gevind is.

“ʼn Plaaslike kenner, prof. Brian Allanson van die Knysna Basin Project, is in samesprekings met die departement van landbou, bosbou en visserye om watermonsters te analiseer,” het SANParke in ʼn verklaring gesê.

Nadat die water ontleed is, sal ʼn vergadering met wetenskaplikes in Port Elizabeth gehou word om die bevindings te bespreek. Die publiek sal daarna van die bevindings ingelig word.

Rooigety is die algemene naam vir ‘n alge met groot konsentrasies rooi- of bruinkleurige mikro-organismes. Dit kan gekonsentreerd voorkom in filtreervreterspesies soos mossels en oesters en is giftig vir die mens. Ander tipes skulpvis, insluitend perlemoen, word ook geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.