Rooiwal-stink dalk gou blink

AfriForum verwelkom die begroting van Tshwane-metro om die huidige rioleringsaanleg op Rooiwal, noord van Pretoria, te herstel en op te gradeer.

Volgens André Potgieter, ondervoorsitter van AfriForum se Apiesrivier-tak, lê daar nog ’n lang pad voor, maar dié toekenning van fondse skep hoop. “AfriForum is opgewonde oor die bewilliging van sowat R142-miljoen om die kwessies by die rioolwerke aan te roer en om die uitbreiding van kapasiteit te bewerkstellig,” het Potgieter gesê.

“AfriForum het sowat ʼn jaar terug die kwessie van rioolstorting by die Rooiwal-rioolwerke begin aanpak en alhoewel dit ʼn tydsame projek is, word daar deurlopend resultate gesien.”

Die stadsraad beplan om op die lang termyn die Rooiwal-aanleg tot dubbel sy huidige grootte uit te brei. Volgens Potgieter, “besef AfriForum dat dit nodig is om infrastruktuur uit te brei ten einde voorsiening vir die groeiende aanvraag te maak, maar die korttermyndoelwit is om herstelwerk te laat doen om te verseker dat die bestaande aanleg teen volle kapasiteit funksioneer”.

AfriForum sal die situasie by Rooiwal deurlopend dophou om verbetering te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.