Rookbesoedeling “lewensgevaarlik” in Singapoer

Rookbesoedeling tans in Singapoer

Indonesië het Vrydag helikopters na Singapoer gestuur in ‘n poging om met kunsmatige reën die brande wat in dié gebied woed, te bestry. Rook van die brande in die stad het nou rekordvlakke bereik en is glo lewensgevaarlik.

Pres. Susilo Bambang Yudhoyono het rampbeheerbeamptes opdrag gegee om “onmiddellik die land se hulpbronne te mobiliseer” om die brande op Sumatra-eiland te blus.

Dit is moontlik Singapoer se ergste omgewingskrisis in meer as ‘n dekade.

Die eiland se eerste minister het gewaarsku dat die rookbesoedeling weke lank kan duur.

Indonesië se nasionale rampagentskap het gesê twee helikopters, wat met wolksigtoerusting toegerus is, is Vrydag van Jakarta na Borneo-eiland in die Riau-provinsie gestuur, waar honderde hektaar koolstofryke landery in ligte laaie staan. “Ons sal vandag [Vrydag] hopelik kunsmatige reën kan skep,” het Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die agentskap, gesê. Helikopters wat waterbomme kan gooi sal ook na die gebied ontplooi word.

Brandbestryders op grondvlak sukkel om die brand onder beheer te kry.

Indonesië se rookvlak het Vrydagoggend sy rekordvlakke bereik wat lewensgevaarlik vir ouer mense kan wees.

Intussen is kitskosaflewering gekanselleer, die weermag het veldopleiding opgeskort en Singapoer se top atlete is gedwing om binneshuis te oefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.