Rookverbod lei tot daling in vroeggeboortes

Die geleidelike invoer van die rookverbod in openbare plekke, het glo tot ʼn daling in die aantal vroeë geboortes by babas aanleiding gegee.

In ‘n nuwe studie wat pas in die British Medical Journal  verskyn het, voer die navorsers van die Universiteit Hasselt aan dat ‘n afname van 3,13% bespeur word ná die rookverbod in restaurante in werking getree het. Hierna het die rookverbod ook vir spesiale geleenthede in openbare eetplekke ingetree, en ‘n daling van nog 2,65% is bespeur.

Die studie omvat egter nie die impak wat die verbod op rook in die werkplek uitgeoefen het nie. Die navorsers lei egter uit navorsing uit Skotland af, waar die rookverbod eensklaps by alle openbare plekke ingestel is, dat dit nog verder gedaal het. Uit daardie navorsing het dit geblyk dat vroeë geboortes in Skotland na die rookverbod met 11% afgeneem het. Die navorsers wys daarop dat vroeë geboortes ‘n nadelige gesondheidsimpak vir die babas inhou, en veral later in die lewe sy gevolge kan toon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.