Temperature het tot 40°C in Frankryk gestyg en Yuan Zi en Huan Huan het dié tuisgemaakte roomys geniet as ‘n toevoeging tot hul normale bamboes-dieet. “Ons voer hulle al sedert Donderdag roomys wat ons drie keer op ‘n dag voorberei,” het Rodolphe Delord, die direkteur van die Beauval-dieretuin, gesê. “Ons gebruik ook verkoelingsproei en, indien dit te warm word buite, kan hulle in hul skuiling ingaan waar dit sowat 20°C is.”
Die twee pandas het besoekersgetalle tot 50% laat toeneem sedert hulle van Sjina in die middel van Februarie ingevoer is. Die twee sterre kry egter nie spesiale behandeling nie, aangesien al die ander bere in die dieretuin ook daagliks roomys geniet.