Rot byt Helen Zille

Helen Zille se toon. Sy het die foto kort na die voorval op Twitter gelaai.

Die leier van die DA, Helen Zille, het Dinsdagaand op Twitter laat weet ‘n rot het haar by haar huis aangeval.

Zille het omstreeks 18:00 aan haar nagenoeg kwartmiljoen volgelinge getwiet: “Die eienaardigste ding het pas gebeur. Ek het ‘n koerant by die hek gaan haal toe ‘n rot uit die bloute op my afstorm en my op my toon gebyt het!”
Haar volgelinge het vinnig gehelp met raad en advies. Sy het kort daarna gesê sy het op Google gaan kyk, en ‘n mens kan nie hondsdolheid van ‘n rotbyt kry nie, sy sal wel steeds na haar dokter toe gaan. Sy het ook gesê dit was darem net ‘n klein bytjie, en dat sy net groot geskrik het.
Sy skerts egter steeds oor die voorval en al die daaropvolgende grappies. Sy het Woensdagoggend getwiet haar gunsteling grappie was: “OrlanTOE pieRAT het my 1-0 geklop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Gelukkig het Helen Zille,,,die mag om vas te stel,hoekom daar n rotteplaag in haar woon omgewing is,en hoe dit bekamp moet word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.