Rot-dood: Ma in hof, kêrel óók vas

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die ma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se verminkte liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, verskyn Donderdag in die Pretoria-landdroshof.

Volgens kaptein Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, is die vrou Dinsdagaand in ʼn kroeg in Randburg in hegtenis geneem. “Haar kêrel is Woensdag in Diepsloot in hegtenis geneem,” het Mofokeng gesê.

Die 23-jarige ma word aangekla van kinderverwaarlosing. Die 30-jarige kêrel word van moord aangekla en moet Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die kind se liggaam is Sondagoggend deur bure in die vrou se plakkershuis gevind. Die kind se een voet was weg. “Verdere ondersoek het daarop gedui dat rotte moontlik die kind se voet afgeknaag het,” het Mofokeng toe gesê. eNCA het ook berig dat daar verskeie byt- en knaagmerke aan die kind se liggaam was en dat die vel op die kind se gesig ook afgevreet is.

Lees ook:
Ma vas ná rotte aan baba vreet
Polisie ondersoek kind se “rot-dood”
Verminkte babalykie in Diepsloot opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Varke!!! En dan is sy boon-op in ‘n sjebien in hegtenis geneem. Sluit haar in ‘n sel vol rotte toe. En sommer die kêrel ook!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.