Die ma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se verminkte liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, verskyn Donderdag in die Pretoria-landdroshof.
Volgens kaptein Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, is die vrou Dinsdagaand in ʼn kroeg in Randburg in hegtenis geneem. “Haar kêrel is Woensdag in Diepsloot in hegtenis geneem,” het Mofokeng gesê.
Die 23-jarige ma word aangekla van kinderverwaarlosing. Die 30-jarige kêrel word van moord aangekla en moet Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig die kind se liggaam is Sondagoggend deur bure in die vrou se plakkershuis gevind. Die kind se een voet was weg. “Verdere ondersoek het daarop gedui dat rotte moontlik die kind se voet afgeknaag het,” het Mofokeng toe gesê. eNCA het ook berig dat daar verskeie byt- en knaagmerke aan die kind se liggaam was en dat die vel op die kind se gesig ook afgevreet is.
Lees ook:
Ma vas ná rotte aan baba vreet
Polisie ondersoek kind se “rot-dood”
Verminkte babalykie in Diepsloot opgespoor
Varke!!! En dan is sy boon-op in ‘n sjebien in hegtenis geneem. Sluit haar in ‘n sel vol rotte toe. En sommer die kêrel ook!!!
Voeg ook sterilisasie by die staf.
Amen Daan!!!