Rotterdam waarsku daggakwekers

‘n daggafonds by ‘n Rotterdamse woning. Foto: ANP

Die owerhede in Rotterdam het inwoners per brief gewaarsku om nie dagga tuis te kweek nie. Daggakweek tuis is ‘n groeiende probleem in Nederland.

Die brief maak deel uit van ‘n voorkomingsprogram en inwoners word gewaarsku dat dié plant skadelik is. Vroeër het Nederland sy beleid oor daggauitlate verander, en mag buitelanders nie meer die berugte plekke besoek waar ‘n zol wettig bekom kan word nie. Buitelanders, veral vlak oor die grens in België, is erg ontstoke oor hierdie “diskriminasie.”

Baie van die klaers meen dit gaan gebruikers dwing om net ‘n entjie verder hul skopdampies by dwelmsmokkelaars aan te skaf. En dié smokkelaars is dikwels van Rotterdam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.